Twee voëls en ‘n padda

Die werk by die “eksotiese diere” afdeling is baie interessant. Ons kry met baie verskillende spesies te doen, van konyne, marmotte, rotte tot skilpaaie, akkedisse, slange, voëls en nou en dan ‘n apie. Daar word ook gereeld wilde diere gebring wat beseer gevind word, veral voëls en krimpvarkies. Ek vertel van drie interessante valle.

Ons het laas week ‘n goue arend as pasiënt gehad. Hy was al toe ‘n week daar nadat hy ‘n operasie gehad het om sy gebreekte been te las. Met penne en skroewe, die lot. Hy was waarskynlik in die been geskiet want op die X-strale was daar iets wat gelyk het soos stukkies koeëls. Hy was nog jong, maar alreeds baie gevaarlik. En oe, so indrukwekkend! Sjoe, daardie deurdringende oë, vlymskerp snawel en die ongelooflikste kloue. Hy het elke dag sewe of agt muise gekry om te eet (met medisyne in), wat mens vir hom met ‘n gryptangetjie gehou. Ek het selfs vir hom ‘n nuwe paal gemaak om op te sit. Die ander een was te kort en sy pragtige stertvere het om die grond gesleep. Ongelukkig het hy op ‘n manier die penne uit sy gebreekte been gepluk en die been, wat net besig was om te las, weer gebreek. Vir ‘n wilde dier is dit nie ‘n goeie uitkoms nie. Dit was onseker hoe lank dit sou vat om hom te rehabiliteer voor hy weer soos ‘n normale wilde arend kon wees en nie van mense afhanklik nie. Dit was ‘n hartseer maar nugtere besluit om hom eerder uit te sit.

IMG_1154
Die regterbeen is gebreek
IMG_1136
Hier wys hy dat hy vies is vir ons
IMG_1138
Sit op sy ou klein paal
IMG_1158
Die nuwe paal wat ek vir hom gemaak het wat heelwat hoër was

Gister het ons ‘n kormaraan gekry. Die arme meisie het daar aangekom met die vislyn wat nog by haar bek uitgeloer het. ‘n Baie indrukwekkende bek, verstaan! Die aanwysings van die voëlstasie wat haar eers ontvang het, was dat mens veiligheidsbrille moet dra, want hulle pik graag vir mens se oë. Maar dit was nie nodig nie, al was sy baie gestres. Die eerste X-straal was van haar kop, nek tot by die begin van die bors. En daar was niks. Vrek, dag ons, dis daar maar ons sien dit nie. Tot die volgende X-straal van haar onderlyf gemaak is. En wraggies, ‘n aaklige drie-been vishoek met sinker en al. Heeltemal afgesluk, waarskynlik saam met ‘n vis, en amper oppad uit. Nie dat dit ooit sou uitkom nie, en die besluit was om haar uit te sit. Kormarane vlieg hierheen vir hulle winterverblyf. Ek voel so jammer vir haar dat sy nie die winter kon beleef nie.

IMG_1167
Die voël en haar gevaarlike bek (en die vislyn wat daar uithang).
IMG_1170
Die vishoek 😦

 

Die derde storie was nogal snaaks. Daar staan op die tafel een oggend ‘n houer met ‘n oulike klein paddatjie in. Die storie – die vrou wat die padda gebring het, het dit in haar buurvrou se erf of kelder gevind, en meen die buurvrou het die padda saamgebring uit Borneo waar die onlangs was. Die amfibië boek het darem gewys dis ‘n doodgewone padda wat hier voorkom, en is sy vrygelaat in ‘n park op die gronde van die universiteit. Maar dis sou ‘n sappige storie gewees het as die vrou daadwerklik die padda ingesmokkel het! Die verklaring was eerder dat dit lekker warm was in die kelder en dat die padda daar wou slaap 😉

Advertisements

2 Comments Add yours

  1. Toortsie sê:

    Regtig baie interessant

    Like

  2. Dis regtig baie interessant.Mens word net vies vir die mensdom,want die eerste twee gevalle is tipiese goed wat deur mense veroorsaak word.Die arme kormorant wat die hoek ingesluk het,is iets wat mens nogal dikwels sien.Dit was seker so pynlik!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s