Socrates R.I.V.

Socrates, nie die Griekse filosoof nie, maar die twee-jarige rot wat ons vandag opereer het. Sy eienaar het gister met hom gekom want sy was bekommerd oor sy skrotum waar sy testikels in is baie groot geword het. Inderdaad, by die ondersoek hang ‘n omtrent 5 x 3 cm sak van sy lyf af. Ons het gister ‘n sonar gedoen en mens kon sien dat die skrotum gevul was met vloeistof. Die operasie was vandag. Omdat ons baie (bloederige) vloeistof moes dreineer om enigsins by die testikels uit te kom – ons het hom ook kastreer – was die gevaar groot dat hy in skok sou gaan oor die skielike verlies aan vloeistof. Ons het die vloeistof probeer kompenseer, maar dit was ‘n moeilike narkose en ons was bly toe dit verby was en hy dit oorleef het. Twee jare is al relatief oud vir ‘n rot, en die eienaar het geweet daar is ‘n risiko dat dinge kon skeef loop.

Toe dit op die ou end het was ek nog steeds geskok en my hart gebreek, en kry ek die beeld van die oulike rooi en wit rot nie uit my kop vanaand nie. Ek het by hom gewaak na hy uit die operasie gekom het, maar toe roep die baas my weg sonder om te sorg dat iemand by hom bly. Toe ek weer daar kom was hy weg. Ek het nog vir hulp geroep, hom uit die hok getel en op die operasietafel teruggesit dat ons hom kunsmatig asem kon gee. May het sy hart masseer, maar dit was te laat. Nou verwyt ek myself dat ek nie eerder gesê het ek moet bly nie. Hy was nog nie heeltemal wakker nie, dalk kon ons iets gedoen het as ek dit vroeër gesien het. Ek wil sê dat as dit my pasiënt was, sou ek hom nie sonder toesig gelaat het nie. Maar dit is naïef om te dink dit sal nooit onder my toesig gebeur nie. Operasies het risiko aan verbonde, narkose ook. Die eerste 24 uur na ‘n operasie is altyd krities, die eerste uur of wat ook soveel te meer. Dalk sou hy dit in elk geval nie gemaak het nie. Ek probeer myself troos deur te dink hoe seer dit vir hom moes gewees het met die swelling (en vermoedelik bloedvatkanker), en dat hy nou lekker in rot-hemel knaag waaraan hy lus het. Maar dis hard, die week het op ‘n slegte noot geëindig. Rus in vrede, Socrates.

Amper Socrates
Socrates het amper so gelyk.

 

Advertisements

2 Comments Add yours

  1. Ag jinne dis hartseer!Ek sou ook so sleg gevoel het.Dis nou vir my baie lekker om hier te lees.

    Like

    1. karen sê:

      Ek is sommer nou bly ek het nie die bloggery opgegee nie. Dankie vir die inloer!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s