Om te kies tussen pes en cholera

Ek weet nie of mens die uitdrukking ooit in Afrikaans gebruik nie, maar ek vind dit baie beskrywend, en die uitkoms van die situasie is ook soms al duidelik, maak nie saak watse weg gekies word nie.

Vanoggend was daar ‘n oulike jong Franse Bulhond, Lucy, aangemeld vir ‘n “angiokardiografie”, m.a.w. mens spuit kontrasmiddel in ‘n bloedvat wat na die hart lei (via die been of die nek), vind die defek wat die probleem veroorsaak en probeer dit verwyder. Die eienaars het gesien daar is iets fout met die hond omdat sy nie soos ander jong hondjies soos ‘n mal ding speel nie, maar eerder lusteloos was en gou moeg geword het. By die dierehospitaal is verskillende toetse gedoen om te sien of sy ‘n infeksie het of iets anders. Gou is agtergekom dat sy ‘n genetiese defek, genaamd pulmonale stenose, het, een wat tipies is vir rasse met kort snoete, soos bulhonde en terriërs, maar ook ander rasse soos samojede, Labrador retrievers en boksers.

Pulmonale stenose is ‘n genetiese defek van die hartkleppe tussen die regte hartkamer en die longaar (‘n groot bloedvat wat suurstof-arm bloed na die longe vat om met suurstof gelaai te word). Die klep het drie vleuels wat oopgaan wanneer bloed die hartkamer verlaat en weer toegaan daarna. ‘n Stenose beteken ‘n verenging, dus kan daar nie genoeg bloed van die hart in die longe vloei nie, want die vleuls kan nie behoorlik oop nie. Die vleuels is of verdik, of soms aangemaak gegroei. As die defek klein is merk mens soms niks aan die dier nie, maar soms is die verenging so erg dat die dier baie gou moeg word en heeltemal lusteloos is. Omdat die defek net geassosieer word met sekere rasse, vermoed mens gedeeltelik ‘n mutasie op ‘n geen wat mens nog nie ken nie.

pulmonale stenose

Die terapie vir so ‘n verenging is om deur ‘n bloedvat (via die been, of via die nek) ‘n draad deur die hart te voer tot by die verenging, en dan daar ‘n klein ballonnetjie op te blaas wat die defek “opblaas” dat die bloed makliker kan vloei. Dit word met hulp van kontrasmiddel gedoen. Hier onder is ‘n foto daarvan, waar die verenging tussen twee kontrasmiddel “wolke” gesien kan word. Die vernouing was 3.8 mm lank en 0.5 mm breed, baie baie nou! Die ronde sirkel is omtrent waar die hart is.

stenose

So lyk dit as die ballon opgeblaas is.

ballon

Die hond se hart het gaan staan toe die draad deur die hart was omdat die verenging so nou was dat daar vir te lank geen bloed gevloei het nie. Die chirurg het nog die ballon opgeblaas om te kyk of die defek tog sal weggaan, maar dit was te laat. Hulle het nog vir ‘n paar minute hartmassering gedoen, maar haar hartjie het bly staan en sy is weg. Al het dit tragies geëindig, was dit baie interessant om te sien. By mense word hierdie operasie met ‘n oop borskas gedoen, maar dit word nie by diere gedoen nie, die risiko is nog te groot.

 

Advertisements

4 Comments Add yours

  1. Dis nou so interessant.Ons Snaucher is met hierdie defek gebore en het presies hierdie prosedure ondergaan.Dit het uitstekend gewerk en hy is ‘n pragtige driejarige energieke hondjie.Die “operasie” is na-ure in ‘n menshospitaal gedoen,deur ‘n pediatriese hartsjirurg,aangesien dit nog nie baie algemeen deur veeartse gedoen word nie.Dus kan die pediater oefen om dit later op babas te doen en die veearts kon leer hóé!

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Sjoe, nee gits, jou storie is baaaie interessanter! Dis ook ‘n interessante uitwisseling van kennis. Ongelukkig was die klein hondjie se defek net te groot – die draad kon skaars deur 😦 Maar so bly jou hond s’n was suksesvol!

      Liked by 1 person

      1. Dit was nogal ‘n duur storie,maar die pediatriese hartsjirurg het darem ‘n kans gekry om te oefen…babatjies se are is so dun en dis maar ‘n baie delikate prosedure.

        Like

      2. karen sê:

        Ja, ek het nogal daaraan gedink dat dit nie vanselfsprekend is dat iemand dit vir hulle hond sal doen nie. En hier het almal toe gewen. Fantasties.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s