Kitlers

Definisie van “Kitler”: ‘n kat wat lyk soos Hitler. Persoonlik het ek nog net een kat gesien met ‘n swart snor en ‘n “middelpaadjie”.  Klaarblyklik is hierdie polities effens inkorrekte styl meer algemeen as wat mens dink. Daar is selfs ‘n webwerf waar mense foto’s van hulle Kitlers kan opsit: http://catsthatlooklikehitler.com. Mens kan selfs klere…

‘n Ander soort wallaby

Waarskuwing: die blog inskrywing bevat foto’s van ‘n dier se ingewande. In die geval, ‘n regte egte wallaby, nie ‘n rugbyspeler nie. Dis iemand se troeteldier en het iewers in die nag van 4 na 5 Januarie dood neergeslaan en toe gister by die patoloë afgelaai om die oorsaak van dood vas te stel. Ek…

“Selfies”

Soms as ek nagdiens het in die intensiewe afdeling, en dinge is nie te besig nie, sit ek met ‘n pasiënt op my skoot en hou hulle geselskap. Dis meestal katte wat van baie aandag hou of klein honderasse, skoothonde, wat, wel, gewoond is om heeldag op ‘n skoot te lê 😉 Dit werk nie…