“Selfies”

Soms as ek nagdiens het in die intensiewe afdeling, en dinge is nie te besig nie, sit ek met ‘n pasiënt op my skoot en hou hulle geselskap. Dis meestal katte wat van baie aandag hou of klein honderasse, skoothonde, wat, wel, gewoond is om heeldag op ‘n skoot te lê 😉 Dit werk nie met jong hondjies nie, want tensy hulle baie siek is, is hulle mal soos hase en sal nooit stil sit op mens se skoot nie!

In elk geval, soms neem ek ‘n foto van ons, sommer net. En dis gewoonlik die agterkant van die kat se kop, my wit werksbroek en skoene op die foto. Simpel, ek weet, maar sommer net om die oomblik te onthou. In die geval hier onder was dit die kat Pata, wat slegs 7 jaar oud is, maar baie siek (verskeie kankers en ‘n latente virusinfeksie). Sy het nie meer lank om te lewe nie. Dit was so lekker om haar bietjie te kon vryf en die tyd in die hospitaal draagliker te maak.

IMG_1401

Die afgelope naweek was daar egter ‘n pasiënt wat my lekker verras het. ‘n Groot hond, vriendelik verby, en wat graag “drukkies” uitdeel as mens iets by hom moet doen. Sy naam is Atos, en sodra mens sy hok se deur oopmaak kom hy uit en leen so teen mens, asof hy ‘n drukkie wil gee. En weier om in sy hok terug te gaan sonder ‘n gestoei. Atos is ‘n Belgiese skaaphond wat aangesterk het na ‘n operasie om sy maag weer in die regte posisie te kry na dit gedraai het. Dit kom voor by honde met diep borskaste of wanneer rof gespeel word na ete. Mens kan dit amper voorstel soos ‘n lekkergoed wat aan een kant toegedraai word. Dit kan ‘n lewensbedreigende situasie veroorsaak waar die maag vreeslik opswel en bloedvloei gestop word. Dit moet geopereer word, en Atos was goed aan die herstel. Die een keer kon ek dit nie oor my hart kry om hom weer in sy hok te sit nie, en gaan sit toe op die grond, dag hy sal langs my lê. Maar nee, Atos is ook ‘n skoothond en gaan lê toe pens en pootjies oor my bene 🙂 So ‘n pragtige, vriendelike hond!

Advertisements

2 Comments Add yours

  1. Ag dis te oulik!My Bouvier se maag het ook gedraai en dit was iets verskrikliks om sy pyn te aanskou.Gelukkig kon ons by ‘n noodkliniek regkom en hulle kon hom regkry sonder operasie.

    Like

    1. karen sê:

      Sjoe, dit moes vreeslik gewees het om te sien. Ja, soms kan mens dit konserwatief behandel, wat natuurlik beter is. As ek reg onthou, in die VSA, sal hulle by risikodiere (rasse met diep borskaste) tydens kastrasie die maag aan die buikwand vaswerk as voorkomende maatreël. Dit vat dit bietjie ver vir my.
      Ja, Atos was vrek oulik!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s