Kitlers

Definisie van “Kitler”: ‘n kat wat lyk soos Hitler. Persoonlik het ek nog net een kat gesien met ‘n swart snor en ‘n “middelpaadjie”.  Klaarblyklik is hierdie polities effens inkorrekte styl meer algemeen as wat mens dink. Daar is selfs ‘n webwerf waar mense foto’s van hulle Kitlers kan opsit: http://catsthatlooklikehitler.com. Mens kan selfs klere met sulke motiewe op die webwerf koop.

kitler4319

Katte, perde en selfs skape: baie diere het swart en wit vlekke. Tot onlangs toe was dit nie duidelik hoe die vlekke, wat oor die liggaam versprei is, ontstaan nie. Veral raaiselagtig is dit hoe die “Hitler styl” by katte gebeur.

Navorsers in Edinburgh en Bath het ontdek dat die patroon heel toevallig ontstaan. En dit as gevolg van ‘n genetiese fout, wat veroorsaak dat tydens die embrionale ontwikkeling minder kleurselle geproduseer word as normaal. Daar is dus nie genoeg kleurselle om die hele vel in te kleur nie en die res bly dan wit. Een van my eie katte is gevlek maar lyk eerder soos die Felix kat as iets anders.

mosh

In ‘n onderhoud met die eienaar van die webwerf, vra ‘n joernalis hom of daar nie ook “Stalinkatte” is nie. Hy antwoord dat die ‘n effense dilemma is, want party van die katte lyk eerder soos Tom Selleck, en vir hom is dit amper erger as Hitler en Stalin saam. Daarom los hy sulke beskrywings uit, hehe.

Nou ja, soos julle kan dink is daar mense wat dink dis baie snaaks en mense wat dink dis afskuwelik om katte met Hitler te vergelyk. Daardie besluit laat ek ook die leser. Een mens se kommentaar op die webwerf was dat sy kat heeltemal swart is en dan waarskynlik eerder Idi Amin is. Komaan, dit is snaaks, of hoe?

 

5 Comments Add yours

  1. Toortsie sê:

    ‘n Swart-en-wit kat is vir my mooi, Hitler, Stalin, Amin of te nie. 🙂

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Ja nee, gelukkig trek katte nie vir hulle sulke slegte mense gedrag aan nie, net tipiese kat gedrag 😉

      Liked by 1 person

      1. Toortsie sê:

        kat bly kat 🙂

        Liked by 1 person

  2. Interessant dat mense altyd iets mensliks aan diere wil koppel,hetsy name,beskrywings en gedrag.Pragtige kat!

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Ja, en dan vergeet mens soms dat ons ook net diere is…

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar