Ontydige ongeluk

Mmmm, is die begrip ooit moontlik? Ongelukke gebeur wanneer dit gebeur, nie wanneer mens tyd het nie, né? Soos in my geval die afgelope Paasnaweek. Vrydag net ontspan na ‘n harde ses weke van kliniekwerk. Saterdag nog ‘n paar laaste inkopies vir die volgende vier weke. Ek gaan vir vier weke by ‘n veearts in…

Frau Pfister is doofstom

Die week voor Paasnaweek was mal, soveel noodgevalle ons kon skaars voor bly! Soveel siek diere, soveel diere wat te vroeg hemel toe moes gaan 😦 Ander dag meer daaroor. Vroeër vandag moes ek ‘n kliënt vat inneem ‘n kat wat opvallend baie water drink en opvallend baie piepie. Die triek aan die geval was…

Wiegeliedjie vir die kat

Gister moes ons ‘n kat met ‘n baie erge blaasontsteking behandel. Die eienares het die kat genaamd Ifi uit ‘n diere-asiel in Rome aangeneem. Twee van haar rugwerwels het aanmekaar gegroei na ‘n ongeluk toe sy nog klein was en haar bekken is skeef. Sy kan dus nie normaal loop nie, maar het ‘n baie…

Die verkeerde soort dierebeskerming

Noudie dag net na drie die middag kom ‘n noodgeval, twee jong hondjies met verdag stuipe infeksie. Stuipe is ‘n hoogs aansteeklike virussiekte, en om so iets in ‘n hospitaal in te bring het natuurlik allerhande probleme in terme van higiëne teenoor ander pasiënte. Ons het dus maskers, handskoene en oorjasse gedra. Die vrou het…

As die veearts meer huil as die eienaar

Vanaand, net voor ek huistoe gekom het, moes ons ‘n kat genaamd Salem uitsit. Salem was ‘n ses-jarige British Shorthair, praaaaagtig, ongelukkig baie vet, en ongelukkig baie siek. Sy eienaar het hom hospitaal toe gebring want hy was al ‘n week of wat lusteloos, wou niks eet nie en het koors gehad. Op sig self…