Frau Pfister is doofstom

Die week voor Paasnaweek was mal, soveel noodgevalle ons kon skaars voor bly! Soveel siek diere, soveel diere wat te vroeg hemel toe moes gaan 😦 Ander dag meer daaroor. Vroeër vandag moes ek ‘n kliënt vat inneem ‘n kat wat opvallend baie water drink en opvallend baie piepie. Die triek aan die geval was dat die eienaar doof is. Sy het wel ‘n vriendin, maar die is ook doof, alhoewel bietjie minder. Of sy kan net beter lippe lees. In elk geval, dit was ‘n interessante ervaring om so stadig en duidelik te praat en net die nodigste te sê. Natuurlik sou goed gewees het as ek gebaretaal kon praat. Dis darem eintlik baie handig. As mens die konteks verstaan, tel mens tog bietjie op vat dowe mense sê. Amper soos mense wat nie mekaar te taal verstaan nie, en met gesigsuitdrukkings, gebare en geluide met mekaar gesels. Normaal gesien as die dier daar gelos word, bel mens later om resultate te bespreek en so voorts. Maar dit kan mens ook nie in so ‘n geval doen nie, mens moet ‘n sms stuur.

Nou ja, daar is ‘n paar dinge op die lysie van verdagte diagnose by katte wat baie water drink en baie piepie. Die kat is effens dik en is behalwe vir die oormatige drink en piepie, heeltemaal gesond. Bo aan die lys is blaasontsteking, maar daarvoor gaan dit amper te goed met haar! Volgende is diabetes, dan een of ander kanker (want sy is al ouerig), en dan kom nieresiektes, maar daarvoor is sy ook te gesond. Daar is meer as 30 siektes wat die simptome maak. Ons het bloed getrek en ‘n halfuur later bevestig dat Mimi aan diabetes ly. Daarvoor kyk mens na sekere bloedwaardes wat die een ding bevestig en die ander een min of meer uitsluit. Foei tog, sy was nogal geskok toe sy hoor wat Mimi makeer.

Die volgende uitdaging was om vir Frau Pfister te wys hoe om van nou af Mimi elke twaalf ure met insulien in te spuit en dan kos te gee. Sy was onseker om die inspuiting en medisyne reg te hanteer, en daarna nogal bang om haar kat in te spuit. Ons hoop dit sal goed gaan, want Mimi sal definitief beter voel. As mens ‘n kat met diabetes nie behandel nie, kan hulle baie siek word! En hopelik as sy genoeg gewig verloor en op die medisyne reageer, kan die diabetes ook verdwyn.

Die geval was ‘n goeie geleentheid om my te herinner hoe mens gewone dinge so as vanselfsprekend aanvaar terwyl dit nie noodwendig is nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s