Ontydige ongeluk

on

Mmmm, is die begrip ooit moontlik? Ongelukke gebeur wanneer dit gebeur, nie wanneer mens tyd het nie, né? Soos in my geval die afgelope Paasnaweek. Vrydag net ontspan na ‘n harde ses weke van kliniekwerk. Saterdag nog ‘n paar laaste inkopies vir die volgende vier weke. Ek gaan vir vier weke by ‘n veearts in Interlaken werk, tussen die mooiste berge en dit in die lente! Sondag nog wasgoed was en huis opruim; more kom my man terug van kuier in Suid-Afrika. Ek het net so voor middagete ‘n bondel wasgoed opgehang en kom flink met trappe op om my drafklere te gaan aantrek, toe ek op die trap struikel en met my regterhand teen die muur wou keer. Maar dit was nog nie hele muur nie, net die hoek, en my pinkie buig een kant toe, terwyl die res van my hand anderkant toe buig. Eina, blikskottel, en kom half naar teen die trappe op. Ek is nie kleinserig nie, en sluk ‘n gestampte toon met dapperheid weg, maar hierdie was blerrie seer. Ek sit salf aan, draai ‘n verband om en gaan lê op die bed. Seker net verstuit. Maandagoggend baie vroeg moet ek uit die huis om Fre op die lughawe te kry. Op die trein wys ek hom my hand, nog lekker geswel en seer. Mmm, sê hy, lyk gebreek soos sy eie hand was so paar jaar terug. Gelukkig het ek dokter toe gegaan, met liewe Fre saam, al wou hy seker eerder huistoe gaan.

Diagnose: gebreekte hand! Ek sou die volgende oggend Interlaken toe ry, en nou sit ek by die hospitaal en die dokter sê my hand is op twee plekke gebreek, sy beveel ‘n operasie aan. Nou dis een ding om aan die uitdeelkant van operasies te wees, maar om te dink hoe iemand skroefgate in my hand boor was nie iets wat ek voor lus was nie. Die veearts op Interlaken was heel besorg, maar kan my ongelukkig nie gebruik met ‘n hand in gips nie. Om dit te kroon het die volgende dokter Dinsdag besluit om nie te opereer nie want die breek is mooi stabiel en hy gaan dit moontlik nie so behou as hy moet opmaak nie. Dus het ek ses weke van gips voor my! Nou moet ek iets met hierdie vier weke doen wat ek verloor (wat net een hand nodig het!), ek kan dalk nie meer ons vriende sien wat einde April uit Suid-Afrika kom kuier nie, en kan dalk nie meer Roemenië toe gaan vir ons dierebeskermingsprojek nie 😦 Ek het al soveel wilde dinge in my lewe gedoen, en het nog nooit ‘n been gebreek nie. Die ongeluk is nou regtig ontydig!

hand gebreek
Foto van die x-straal: die vyfde handbeen (metakarpus) wat uitloop op my pinkie het twee frakture (op die foto regs).
Advertisements

2 Comments Add yours

  1. Ag jinne,dis nou ‘n ramp!Ek hoop dit kom gou reg.

    Like

    1. karen sê:

      Dankie, jy kan dit weer sê!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s