Avonture in Interlaken – Melkkoors

Ons was eintlik oppad na een boer toe die oproep kom dat ‘n koei van ‘n ander boer in die moeilikheid is, wat ons toe noop om net daar om te draai en soontoe te gaan want dit was ‘n noodgeval. Die koei Emeli het die vorige dag geboorte geskenk aan ‘n oulike kalfie en alles was “tip-top” soos die Switsers graag sê. Sy moe gewoonlik baie en dus het dit die boer se vrou opgeval dat sy die aand stiller is, nie wil eet nie en heeltyd lê. Die volgende oggend was sy nie beter nie, en bel die boervrou toe. Die vermoede was dat sy melkkoors het.

Anders was wat die naam sê veroorsaak melkkoors by koeie nie koors nie (wel by die mens). Tipies is eerder dat die liggaamstemperatuur te laag is. Die normale temperatuur vir ‘n volwasse koei is 38.5 – 39.0 °C, dus hoër as by mense. Emeli se temperatuur was 37.5 °C. Maar wat eintlik hier aan die gang was, was dat sy nie meer kon opstaan nie, haar spiere wou nie meer werk nie omdat daar te min kalsium in haar bloed was. Dis ‘n tipiese gevolg rondom die geboorte wanneer die liggaam dringend baie kalsium nodig het om kolostrum te maak, maar die liggaam nie meer gewoond was om self genoeg kalsium te mobiliseer om aan die gang te bly en nog die kolestrum te maak nie. Dit gebeur wanneer die boer nie die koei se kossamestelling verander voor die geboorte, sodat sy minder kalsium inneem nie. Dan rus die kringloop van eie kalsium vrystelling omdat daar te veel kalsium deur die kos ingeneem word.

Tydens normale kalsium regulering, veroorsaak ‘n daling van kalsium in die bloed dat die byskildkliere parathormoon vrystel, wat die aktivering van vitamien D3 in die niere reguleer. Parathormoon en vit. D3 veroorsaak ‘n styging in bloed kalsium deur drie meganismes: 1. Dit verhoog die opname van kalsium uit verteerde kos uit die derms, 2. verhoog die reabsorpsie van kalsium uit die niere, en 3. verhoog die reabsorbsie van kalsium uit been. As ‘n koei dus te veel kalsium inkry is die parathormoon traag om te reageer om kalsium vry te stel. Kalsium is nodig in liggaamsselle, veral spierselle en senuweeselle, om die spiere reg te laat funksioneer. Ook die hartspier is aangewese op genoeg kalsium. As die liggaam dan alles in kolestrum belê, is die koei verlam en kan nie meer opstaan nie. Dit gebeur gewoonlik eers ‘n paar ure na die geboorte, as mens dink alles het glad verloop.

Dis belangrik om die koei so gou as moontlik te behandel want as so ‘n swaar dier te lank op ‘n been of sy lê, kan daar groot skade aan spiere en senuwees gedoen word. Dus gee mens ‘n kalsiumoplossing (en fosfor) binneaars, so vinnig soos dit kan vloei en luister na die hart met ‘n stetoskoop vir tekens dat die hart te vinnig of te stadig klop. Aan hand daarvan pas mens die vloeistof aan. ‘n Volgende fles bevat glukose en magnesium, waarvan mens ook bietjie gee na aanleiding van die situasie. As alles goed gaan staan die koei minute na die terapie weer op en begin eet.

Advertisements

3 Comments Add yours

  1. Jy het dit nou so mooi en verstaanbaar verduidelik!Ek hoop sy het gou reggekom.

    Like

    1. karen sê:

      Dankie vir die terugvoer! Ja, sy is gelukkig beter. Sy’t begin moe, gemis en kort na ons weg is opgestaan 🙂

      Liked by 1 person

      1. Ag dis goeie nuus…wonderlik wat die regte behandeling kan doen!

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s