‘n Bul kort ‘n ring

on

Daar is verskeie redes waarom mens ‘n bul in jou trop beeste wil hê, hetsy dit vleis- of melkbeeste is. As mens koeie natuurlik wil bevrug, is die enigste manier om ‘n bul te hê om die werk te doen. Die bul kan ook help om vrede in die trop te bewaar en ook om te help om bronstige koeie uit te wys. Die ander opsie is kunsmatige bevrugting, en dit doen baie boere wat nie ‘n eie bul het nie. Koeie is elke 21 dae ongeveer bronstig en die optimale tyd om te bevrug is omtrent 12 ure daarna. Sonder ‘n bul moet die boer goed oppas en die veearts of bevrugter bel om die koei te bevrug. Hier deel ‘n paar boere soms ‘n bul as hulle hulle eie een het nie.

In elk geval, terug by die bul. Bulle kan baie oulik en lief wees, maar die ton gewig kan ook onbeheerbaar en stoer wees en dan is dit handig om ‘n maklike manier te hê om beheer te hê. Dis waar die neusring se rol kom. Die bul word aan sy leiband vasgemaak en iets ingespuit wat hom laat ontspan en iets vir pyn. Dan word ‘n lokale verdowing in die neus gespuit en ‘n tydelike ring deurgeknyp met hulp van ‘n groot tang, waardeur die neusring dan getrek word. Dit word gedoen in die dun deel van die neuswand net agter die neusgate. Dis belangrik dat die neusring vlekvrye staal is, want mens sien ongelukkig hier en daar gevalle van goedkoop imitasies wat roes en slegte ontstekings veroorsaak. Die belegging is die moeite werd. Die ring word dan met ‘n tou om sy horings (of die benerige oorblyfsels) vasgemaak en kan die dier daaraan rondgelei word, want dis baie sensitief as mens daaraan trek. Ek vind dit klein bietjie brutaal, maar probeer maar daaraan dink as ‘n oorring.

Hier is so paar foto’s van die neusring wat ons by Orlio, ‘n jong bul, ingeskiet het op ‘n alp naby Isenfluh. Hy gaan die somer saam die koeie op die pragtig Alp Sues deurbring.

IMG_2154
Orlio het ‘n inspuiting gekry en ons staan en wag tot hy rustig raak.
IMG_2156
Die tang met die tydelike ring in die binnekant.
IMG_2157
Orlio leun bietjie oor en sy oë raak lomerig – tyd om te begin werk! Hy is ‘n Simmertaler bees.
IMG_2158
Die tydelike ring word deurgeknyp.
IMG_2159
Die tydelike ring.
IMG_2163
Die permanente ring word deur die gat getrek.
IMG_2166
Orlio met ‘n effens bebloede neus (sjympies), en sy neusring. Die tou waaraan dit was is word bo losgemaak sodat dit as leiband gebruik kan word indien nodig.
Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s