Die sagmoedige reus en die klein warrelwind

In die perde kliniek waar ek op die oomblik werk gaan stap ek gister saam met hierdie Shire perd. Hy was oorspronklik geopereer omdat daar iets fout was met sy nekwerwels. Die wond het mooi geheel en hy kan weer normaal loop, maar ‘n stukkie van ‘n steek het in die naat ontsteek en moes…

Oorval deur katte

In die diereasiel in Galati, Roemenië woon ook 108 katte wat deur die “katvrou” Nela versorg word. Ek het gereeld tussendeur ons werk met die honde en kastrasies daar ‘n draai gemaak. Katte straal vir my rustigheid uit, en ek het sommer weer nuwe moed gekry as ek ‘n rukkie daar was met ppprrr-ende katte…

Quasimodo, die boggelrug hond

Wel, boggelrug is nie eintlik die regte term nie. Boggelrug impliseer dat die ruggraat krom is en ‘n boggel maak, sogenaamde kifose. Maar hierdie hond het ‘n reuse gewas wat op sy linker skouer en so half tussen die skouerblaaie groei. Soveel so dat hy nie sy kop kan lig nie, en ook nie kan…

Dierebeskerming in Roemenië

Ek was vir twee weke saam die Susy Utzinger Stigting vir Dierebeskerming in Galati, Roemenië by ‘n diereasiel met omtrent 1’000 honde en ongeveer 150 katte. Hier is so paar foto’s om ‘n indruk van die werk te kry. Week een was gemik om al die honde teen wurms, vlooie en bosluise te behandel (die…

Flou word by die dokter

Vanoggend help ek Ana om ‘n biopsie te neem by ‘n West Highland terriër. Hy is deel van ‘n projek waar hulle kyk na risikofaktore vir allergie by die ras. Mens merk die plek waar die biopsie geneem gaan word met ‘n pen, spuit lokale verdowing in, wag ‘n paar minute en neem die biopsie…