Dierebeskerming in Roemenië

Ek was vir twee weke saam die Susy Utzinger Stigting vir Dierebeskerming in Galati, Roemenië by ‘n diereasiel met omtrent 1’000 honde en ongeveer 150 katte. Hier is so paar foto’s om ‘n indruk van die werk te kry. Week een was gemik om al die honde teen wurms, vlooie en bosluise te behandel (die katte word deur die katvrou gedoen!). Dit beteken vir elke hond ‘n paar tablette gee teen wurms en nog iets op sy of haar rug drup teen vlooie ens. Soms werk dit uitstekend, maar soms is die honde so bang of aggressief dat mens nie naby hulle kan kom nie. Ons het ‘n sisteem om hulle te merk afhanklik van wat ons kon doen en dan is die plan dat die werkers wat andersins daar vrywillig werk dit kan doen wat ons nie kon nie, bv. vir ‘n baie angstige hond sy tablette gee, want hulle ken die honde beter (soms het hulle egter ook maar net die honde styf vasgehou en dit afgedwing, waar soms gewerk het, en soms nie).

IMG_2312
Hier probeer ek ‘n bang hond haar tablette gee. Dis toegevou in ‘n lekker happie hondekos, maar sy is nie so dom nie!

Ons het natuurlik ook baie siek en beseerde diere gesien, maar die mediese sorg hier is baie basies, so ons moes ons standaarde baie verlaag om nie gek te word nie. Alhoewel, vir ‘n ortodoks christelike land is die veearts en verpleegster baie oop, en sit ook diere uit vir wie daar geen hoop is nie. Ons het ook ‘n dag of wat in die stad se diereasiel gewerk, en daar was die toestande rowwer as waarmee ons te doen het. Die hokke daar loop heeltemal oor  met honde en daar is heelwat gevegte onder hulle, wat beteken daar is meer beserings.

IMG_1561
Die buitedeel van die nuwe deel van die stad se diereasiel. Ry op ry hokke met honde. Ten minste 10 honde per hok; veels te veel. In die voorgrond is honde in hokke wat wakker word uit die narkose na hulle gekastreer was. Daar is ook  ‘n ou deel in die asiel, maar ek het nie tyd gehad om te gaan kyk nie.
IMG_1520
Die ou deel van die asiel waar ons die twee weke was. En dis nog die hokke wat goed lyk … Daar bly omtrent 700 honde in hokke wat uitmekaar uitval en gagga water het orals, waarin muskiete broei en allerhande siektes kan oordra. Stadig is hulle besig om die slote met klippies op te vul.

Wat wel lekker rof is in die asiel, is die manier hoe die diere se kos voorberei word. Dis slagafval, maar meestal been, vet en vel. Meeste diere hier is lekker vet, so hulle hou duidelik daarvan ;). Sien foto’s hier onder:

IMG_1381

IMG_1382

Daar is ‘n ou deel in die asiel, waar omtrent 300 honde is, en die ou deel met nog 700 honde. Die nuwe deel is natuurlik maklik om in te werk; mens kan die oppervlaktes beter skoon kry en daar is min gevaar vir beserings. In die ou deel is die hokke aanmekaar geflans en daar is plasse water orals wat soms ‘n giftige groen kleur het. Die nuwe deel het 300’000 Euro gekos, en op die oomblik is daar nog nie geld en politiese oortuiging vir aanbou nie.

IMG_1392
Ek en Corinne die eerste oggend besig om te help om die hokke in die nuwe deel skoon te maak.
IMG_1393
In die nuwe deel is daar 4 tot 5 honde per hok.
IMG_1428
Hulle het ook ‘n buite area en die boompies moet nog groei om lekker skadu te bied in die somer.

Die hoogtepunt van my dag was toe die hond op my spring vir ‘n drukkie. Gewoonlik as die hond bang is moet mens baie versigtig te werk gaan; van die kant benader, nie vir die hond kyk nie, ens. Maar die een was so vrolik en wou net ‘n drukkie het. Dit was ‘n baie mooi oomblik. Ek hoop sy kry gou ‘n huis!

IMG_2284

Advertisements

3 Comments Add yours

  1. Niks is meer ‘n geskenk vir my as ‘n dier wat sy liefde wys nie. Ek is so bly daar is mense wat na diere kyk wat nie huise het nie…

    Like

    1. karen sê:

      Ek moet toegee, dis my passie. Nie die skootpoedel wie se toonnaels ek moet sny nie (alhoewel dit ook nodig is, en mens daarmee brood op die tafel sit), maar die diere wat andersins nie ‘n stem het nie. Daai hond sou in my tas geklim het!

      Liked by 1 person

      1. Ek is nie verbaas nie, die hond is ‘adorable’

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s