Ooraktiewe skildklier by katte

Ons kat, Mnr. Tijger, alias Richard Parker, is twee weke gelede gediagnoseer met ‘n ooraktiewe skildklier. Ook genaamd, hyperthyreose, is dit ‘n siekte by katte wat eers bekend is sedert 1978, toe die eerste keer navorsing daaroor gepubliseer is. Deesdae is dit baie algemeen, en aan die toeneem by beide mannetjies en wyfies.

Die skildklier bestaan uit twee helftes, weerskante van die lugpyp. Die klier produseer skildklierhormoon (Thyroxin). Normaalweg is dit te klein om te voel. Die hormoon is essensieel vir die normale ontwikkeling van die skelet en brein in jong diere. By volwasse diere het dit ook ‘n verskeidenheid funksies:

  • Help beheer die metabolisme
  • Beïnvloed die hartslag
  • Help beheer die afbraak van vetweefsel
  • Betrokke by die produkte van rooibloedliggaampies

Hyperthyreose, of skildklieroorfunksie is wanner die skildklier te veel hormoon produseer en vrystel. Dit word veroorsaak deur meestal goedaardige gewasse in die klier, wat behandel kan word. Min gevalle is meer kompleks, moeiliker om te behandel en het ‘n slegte prognose.

Die oorsaak van die oorfunksie by katte is nog nie 100% duidelik nie, maar moontlikhede sluit in:

  • Joodvlakke Iodine in katkos – of te veel of te min. Die hoeveelheid jood in katkos is baie sleg gereguleer en wissel oor ‘n groot afstand.

  • PBDEs – Polybromid diphenyleter is ‘n chemikalië wat in baie produkte voorkom, o.a. vlamvertragers, boumaterial, vliegtuie, karre, elektronika, materiaal ens. en ook vis (waar baie dinge opeindig wat nie mens behoort te eet nie…). PBDEs beïnvloed skildklierfunksie, en baie katkos het vis in – dus is daar ‘n verband tussen skildklieroorfunksie en die eet van vis.

  • Soja in katkos. Daar word al dekades lank debateer of soja skildklierfunksie beïnvloed. En die antwoord is nog nie duidelik nie. Baie katkos bevat soja, party sê omdat dit goedkoop is, ander sê omdat dit goed is. In elk geval, katte is karnivore en moet eerder goeie kwaliteit vleis eet, as proteïne van ander bronne. Of dit oorfunksie veroorsaak is nog die duidelik bewys een of anderkant toe nie.

  • BPA (bisphenol A) – BPA kan ook hormone beïnvloed en kan ‘n rol speel in skildklieroorfunksie. Dit word gebruik in die binnekant van blikkies kos, ook katkos.

Hyperthyreose begin stadig, en sigbare simptome ontwikkel eers met tyd. Die eerste tekens is ook onspesifiek, en word verhoogde aptyt en meer beweging nie altyd as abnormaal ingeskat nie. Verdere tekens soos slegte pels en gewigsverlies word ook baie keer toegeskryf aan gewoon oudword. Skildklierhormone beheer jou kat se metabolisme, en as vlakke verhoog is, veroorsaak dit simptome. Hoe meer skildklierhormoon produseer word, hoe hoër die metabolisme, en hoe meer energie verbrand jou kat.

Algemene simptome sluit in:

  • verhoogde aptyt en dors
  • gewigsverlies
  • hiperaktiwiteit
  • senuweeagtigheid
  • swakheid
  • asemhalingsprobleme
  • vinnige hartslag
  • ‘n knop in die keel

Nie al die simptome sal by elke kat met skildklieroorfunksie voorkom nie. Mnr. Tijger het een kilogram verloor, sy glansende pels verloor en meer begin eet en drink voor ek begin vermoed het hy is siek. En eers toe hy ek weet hy is siek, het sy somtydse senuweeagtigheid sin gemaak.

Ouer katte ly ook gereeld aan nierprobleme en hartprobleme, wat die behandeling en prognose kan beïnvloed. Ongelukkig masker skildklieroorfunksie graag nierprobleme, so ek sal nie verbaas wees as ons die een probleem onder beheer het, dan die ander een gaan kop uitsteek nie.

Om uit te vind of ‘n kat skildklieroorfunksie het, kan mens ‘n bloedtoets doen en die skildklierhormoon T4 meet, wat by hoë waardes positief is vir oorfunksie.

Katte met skildklieroorfunksie moet so gou as moontlik behandel word, om nog meer skade te vermy. Die maklikste manier om dit te behandel is tablette 2 mal per dag vir die res van die kat se lewe. Mens kan ook die hormoon as ‘n salf in die oor smeer, maar dan moet mens handskoene dra elke keer. Die medisyne blok die produksie van die hormoon, laat die simptome weggaan en laat die kat weer beter voel. Die opsie is moet lewenslank gedoen word, want dit blok net die hormoonproduksie en nie die oorsaak daarvan nie.

Permamente oplossings is chirurgie of chemoterapie met radioaktive jood. Chirurgie is ‘n goeie opsie, maar mens moet seker wees al die weefsel word uitgehaal, anders sal dit weer opvlam. Chemotherapie is die mees effektiewe oplossing , maar omdat die jood radioaktief is, met die kat 3 tot 5 dae in die hospitaal bly. Vir drie weke daarna by die huis moet ook opgepas word dat die kat nie te veel kontak met kinders, swanger vrouens en ander katte het nie. Katte wat buite toilet toe gaan, moet binne gehou word vir daardie 3 weke sodat hulle poefie weggegooi kan word. Haha, vertel vir Mnr. Tier hy moet binne poef!

Oor twee weke sal ons weer bloed trek en kyk of die hormoon vlakke af is. Op die oomblik is ek nog pessimisties, hy het nog gewig verloor, en ek begin dink hy het nog ‘n probleem met sy pankreas. Maar meer daaroor op ‘n ander dag.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s