Oor pugs, bulhonde, chihuahaus en ander honderasse wat ly onder mense se kortsigtigheid

Veeartse is soms in ‘n tweestryd oor die behandeling van sekere rasse honde en katte wat deur die kliniek se deure kom. Pugs is vir party mense die oulikste honde op aarde, maar weet mense dat die diere so uit proporsie geteel is, dat hulle nooit normaal kan asemhaal nie, en dat hulle gedurig oogprobleme het omdat hulle skedels te klein is vir alles wat daar in moet pas? Of Persiese katte, so “mooi” wie se neuse totaal misvorm is, en konstante traanoë het, omdat die verbinding tussen neus en oog totaal vervorm is.

Lees gerus hierdie blog (in engels), as jy nog wonder of jy die obskure industrie van misvormde rasse wil ondersteun. En dit dryf die boodskap goed huistoe, deur die vraag te vra – wat as dit jou kind was met sulke misvorminge. Ons veeartse maak maar net geld daaruit om die foute reg te maak… Wat ‘n totale onreg teenoor daardie diere!

https://ethicalvet.org/2016/11/03/but-hes-like-my-baby/

4 Comments Add yours

  1. Ek het gaan daar lees en is weereens geraak deur die absolute stommiteit van mense om so ‘n mismaakte dier te teel.Ditis oneties en behoort verbied te word.Dankie vir die insiggewende artikel.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Ja, dit is absurd, nè? Ek wens mens kon net sê, nee, so dier behandel ek nie! Maar hulle het juis hulp nodig. Versprei die woord!

      Liked by 1 person

      1. Iemand moet ingryp en ‘n wet maak hierteen.Op ‘n stadium is daar ook sulke walglike goudvisse met uitpeuloë geteel.Wanneer so iets met mense gedoen word,is dit oneties,maar arme diere kan mos nie praat nie!

        Like

  2. karen sê:

    Haai ja, die arme goudvisse. Wat die mens nie vir plesier sal uitdink nie :(. Die wiele draai ongelukkig staadig. In Engeland het die Kennel Club begin om teelstandaarde te verander vir hulle lede, maar dis net een plek, en dis net vir die “wettige” telers. Ou Piet Pompies agter die berg wat pugs teel vir geld, gee nie ‘n veer om nie 😦 Maar ek bly optimisties, een druppel op ‘n slag is beter as niks!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s