Amptelik med. vet.

Na jare se harde bene kou en eindelose eksamens, het ek verlede week die wonderlike nuus gekry dat ek nou amptelik ‘n veearts is! Dit voel nogsteeds onwerklik. Alhoewel ek al heelwat in die beroep gewerk het sonder titel, kyk mense nou met ander oë na my, en het die verwagtinge duidelik gestyg.

Ons fakulteit hou die gradeplegtigheid ‘n week na die resultate bekend gemaak word (wat ‘n week na die laaste eksamens is). Na meer as vier maande se eksamens is dit lekker om nie nog ewig hoef te wag vir die uitslae of om dit te vier nie.

Die seremonie word in ‘n kerk naby kampus gehou, en alhoewel die idee gaaf klink, is dit ‘n reuse klipkerk wat in die middel van hierdie besonders koue winter soos ‘n groot yskas voel. Tog was daar kollegas wat met kortmoue reggestaan het om hulle diplomas te kry.

gradeplegtigheid

My korttermynplanne is om betrokke te raak by die projek in Zürich wat hawelose mense se diere behandel (gaan Maandag al – sal berig!) en twee kastrasie projekte in Spanje in Maart en April. En wie weet, teen die middel van die jaar het ek dalk ‘n regte werk ;).

Advertisements

9 Comments Add yours

  1. Net Ek sê:

    Sjoe, baie baie geluk, dis fantasties!

    Dit moet wonderlik wees om so verskil in diere se lewens te maak. sterkte met jou planne!

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Baie dankie! :):)

      Liked by 1 person

  2. alleman sê:

    Baie geluk – dis ‘n groot prestasie, en jy sal ‘n wonderlike veearts wees.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Baie dankie 🙂 Ek gaan in elk geval my bes probeer.

      Like

  3. Baie,baie geluk!Ek volg al lankal jou paadjie en het nog altyd gedink jy is uitgeknip vir die beroep!Alle sukses Dr Karin.Jy sal dit nog ver bring.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Sjoe, baie dankie Perdebytjie. Dit voel nog onwerklik, maar ek het klaar drie projekte waarop ek gaan werk binnekort. Die eerste volgende Maandag, kan nie wag om te vertel nie! En solank ek my kan verlustig in jou stories en vertellinge, sal blogland vir my lekker bly 🙂

      Liked by 1 person

      1. Lekker..kannie wag om te hoor nie!

        Liked by 1 person

  4. Veels geluk! Jy is een van die geroepenes.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Dankie Tannie Frannie 🙂 Ek kan net my bes probeer.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s