Veearts vir verlore siele

As dinge verkeerd gaan vir mens in die lewe, is ‘n kat of hond soms jou enigste geselskap, die enigstes wat jou nie verlaat het in die slegte tye nie. Maar om behoorlik vir jou dier te sorg as jy skaars ‘n dak oor jou kop of kos in jou maag het, kan ‘n groot probleem wees. Sulke mense, van dwelmafhanklikes tot punks, tot mense met geestelike probleme, bly ook in die – op die oppervlak – uiters welvarende Zürich. Dis waar die “Veearts vir die agterstrate” (Gassentierarzt in Duits) ‘n baie belangrike rol speel. Die projek was geïnisieer deur Ds. Sieber, ‘n predikant in die stad, wat al 60 jaar in die winter slaapplek gee vir mense met geen heenkome nie, en sorg dat hulle mage ook vol is. Die idee is dat, deur na hulle diere se gesondheid om te sien (vir ‘n klein bedraggie), kry mens toegang tot die mense en kan ook vir hulle hulp aanbied.

Ek het Maandag vir die eerste keer saam gegaan om te sien hoe die veearts en haar assistent werk met die mense. Daar was ‘n vriendelike punk wat haar hond vir ‘n kontrole gebring het (kan nie onthou vir wat nie), dan vier katte om te ent, en ‘n vrou met Aspergerssindroom wat eintlik net ‘n geduldige oor nodig gehad het vir haar probleme en om haar konyn aanmeld om gekastreer te word die volgende dag. Dan was daar ook die Pool wat pynmedisyne vir sy hond wou hê, maar baie opdringerig was en met ‘n ferm hand weggestuur moes word na hy die medisyne gekry het. Mirjam, wat al 23 jaar met sulke mense werk, sê dat mens soms regtig streng moet wees, want die pinkie-hand idee het baie van die mense al goed bemeester. Die veearts is swanger, en dis die idee dat ek haar sal aflos wanneer sy dan op kraamverlof gaan. Dit gaan nogal ‘n uitdaging wees, want nie net werk mens met (soms) moeilike mense nie, mens moet dit ook met baie beskeie middele doen. Ek sal intussen baie ervaring moet kry!

Gister het ons by die veearts se privaatpraktyk langs haar huis ‘n paar operasies gedoen. Ek het ‘n mannetjieskat en ‘n konyn kastreer (eerste keer in my lewe dat ek ‘n konyn kastreer), en toe later haar afgelos om ‘n tand te trek by ‘n hond, wie se oog sy ook moes uithaal. Magtig, maar dit was ‘n storie om die tand uit te kry!

Ek sien uit daarna om weer te gaan volgende week. Ek voel sterk daaroor dat mens die swakkes en verlore siele in die samelewing moet help, en veral hulle diere, wat soms hulle enigste steun in die lewe is. Dit gaan nie altyd maklik wees nie, maar wie’t nou dit verwag 😉 . Ek ondersteun ook sulke projekte in Suid-Afrika, waar nie-winsgewende organisasies diereklinieke opstel in plakkerskampe waar veeartse skaars soos hoendertande, maar die nood groter as groot is.

Advertisements

3 Comments Add yours

  1. Ai, Karen – dit wys mos nou weer eens dat jy jou roeping ernstig opneem. Watter uitdaging, maar jy sal dit met vlieënde vaandels bemeester. (Het nog altyd gedink ‘n goeie veearts is sommer ‘n sielkundige vir die eienaars ook.)

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Dankie tannie 🙂 Dis waar wat tannie sê, die eienaars het soms eerder ‘n probleem as die dier. En natuurlik is dit wat mens nie eintlik geleer word in al die jare op universiteit nie!

      Liked by 1 person

  2. Dis nou interessant.Mens dink nie altyd aan die mens agter die dier nie.Sterkte,dis ‘n groot taak!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s