Het jou kat slegte toiletmaniere?

Een van die algemeenste klagtes van kateienaars is dat die kat haar besigheid buite die sandbak doen. Omtrent ‘n kwart van alle katte gaan iewers in hulle lewe ‘n aversie teen die sandbak hê. Die aversie kan slegs piepie, ontlasting of albei insluit, en kan selde of heeltyd voorkom. Dit kan wees dat die kat…

Kastrasieweek op die Spaanse Suidkus

Ek was verlede week saam ‘n span mense in Rota, Spanje om katte en honde te kastreer. Dis die tweede keer wat ek by die asiel gaan werk het, en dit was net so chaoties soos die eerste keer (hier die blog daaroor op my ou bladsy). Luidrugtige Spanjaarde gekoppel met honde wat onophoudelik blaf…