Daai los vel op ‘n kat se pens

Al ooit gewonder waar daai pensvel onder ‘n kat se maag vandaan kom? Meeste mense sien dit by mannetjie- en wyfiekatte as hulle katte reggemaak is. Dit lyk amper soos die los vel wanneer ‘n kat oorgewig was en dan gewig verloor. Die vel is die sogenaamde “primordiale sak” (primordial pouch of “spay sway” in Engels). Dit verskaf ekstra beskerming teen skoppe, soos wanneer katte veg en hulle agterpote gebruik om die ander kat te skraap.

In wilde katte soos leeus of tiere, blyk dit of die sak ook ekstra spasie verskaf vir wanneer die dier ‘n baie groot maaltyd geëet het en die maag kan uitsit. Die sak maak dit ook moontlik vir die kat om te buig en te strek, en dus vinniger te hardloop of hoër te spring.

By huiskatte is die sak veral goed ontwikkel by Bengal of Egiptiese Mau katte.

Screen Shot 2017-10-29 at 16.30.57

 

Advertisements

10 Comments Add yours

  1. Dis nou interessant Karen. Ons katjie (13 jaar oud) is baie klein en fyn van postuur, maar ons het gewonder oor die “vet” wat sy oor die laaste paar jaar onder haar maag begin ontwikkel het. Haar naam is Ponsie, maar ons noem haar soms Pensie! Werk dit so by mense ook? 😄 Ek wonder soms oor my eie tjoepie.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Is interessant, né? Iemand het my noudie dag gevra, en toe moes ek eers gaan lees. Hehehe, Pensie is ‘n oulike naam 🙂 Hehehe, dit sou ‘n lekker verskoning by mense gewees het 😉

      Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Voorwaar interessant. My Kieter het ook so ń lekker ‘los’ maagvel, en nou verstaan ek hoekom.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Ek moes self gaan lees daaroor, ten spyte van ons ekstensiewe anatomie klasse het ons dit nooit geleer nie!

      Like

  3. seegogga sê:

    So bly om hierdie te lees. My Grietjie het n ekstra groot”sak” onder haar maag omdat sy destyds na haar histerektomie infeksie gehad het en toe met oop wond moes loop. Altyd gedog iets nie heeltemal reg nie, al lyk dit of dit haar glad nie pla nie. No6 weet ek- sy maak net seker sy het genoeg plek, al is sy n vettieboems.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Haai shamepies, dit moes sleg gewees het, so ‘n infeksie! Ja, selfs sommige vettieboemse het so ‘n sak 😉

      Like

  4. Net Ek sê:

    Jissie dis baie interessant Karen! Jack is ‘n regte vettie. Dink hy raak nou oud. (hy het mos net een dag by ons ingetrek en niemand weet hoe oud hy rerig is nie). Hy gaan skaars uit meer, en sit net in die deur en kyk vir die voëls 😆 Maar daai PENS van hom hoor!

    Simone is ek bevrees gaan NOOIT groei of vet word nie. Sy lyk of ons haar erg verwaarloos. My man het haar mos as baba by die myn opgetel. Desember sal sy twee jaar by ons wees, maar dit lyk of sy nog ‘n baba kat is. SO klein en maer. En sy is ook reggemaak. Ek hoop maar sy tel gewig op een of ander tyd. Die veearts sê sy is gesond.

    Like

    1. karen sê:

      Hehehe, ou Jack. Laat hy maar die voëls geniet 🙂 As hy maar net kon praat.
      Mens kry sulke katte wat so klein en feintjies is, soos Simone. Ons het ook so een gehad, nooit regtig gewig opgetel nie. Kan dalk wees omdat hulle nie so ‘n goeie begin in die lewe gehad het met voedingstowwe toe dit nodig was nie. Solank sy gesond is, dan kan sy maar ‘n riet wees 😉

      Liked by 1 person

      1. Net Ek sê:

        Ja eintlik beny ek haar! 😆 Vreet en vreet en bly net maer. Dis so unfair.

        Like

      2. karen sê:

        hahaha, mens kry mos sulkes 😉

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s