Kat help met naaldwerk

Verlede Sondagaand bel ‘n vrou die noodgevalle nommer van die kliniek, en sê sy’s amper 100% seker haar 10 maande oue kat het nou net ‘n naald met gare gesluk. Sy wonder nou of sy moet wag, en kyk of dit self uitkom en of sy liewer na die kliniek moet kom. Vir my was dit duidelik, ek kan nie in die toekoms sien nie, en dalk is daar ‘n kans dat die naald en gare heel anderkant gaan uitkom. Dit kan ook egter wees dat die naald iewers vassteek of deursteek, of erger nog, dat die gare die derms laat knoop. Ek het dit so vir haar verduidelik en toe kom sy gelukkig. Ek het ‘n x-straal geneem om te kyk waar die naald sit, en toe die chirurg op diens gebel dat sy kan sê wat sy wil doen.

Naaldinpens
Die naald is baie duidelik sigbaar in die kat se maag, bo regs. Verder is daar baie kos in haar maag.

Gelukkig was die naald nog in die kat se maag, wat beteken sy kon probeer om dit met ‘n endoskoop van bo deur die slukderm uit te vis. Andersins moes sy haar oopsny en dit uit haar maag haal. Dit het meer komplikasies, en sou duurder wees. Sy het ook baie geëet na die naald-episode, wat nie so goed is vir die narkose nie, omdat sy kan opgooi en dit inasem. En andersins omdat die naald dalk nie gevind kon word tussen die kos nie. Die grootste gevaar egter is dat die gare in die dunderm opeindig en iewers vashaak en die derms begin opryg. Dit kan die derms beskadig. Die eienaar het egter gesê die stuk gare was baie klein. Hoe ookal, hoe gouer mens dit uitkry, hoe minder is die potensiële skade.

Gelukkig kon Lena, die chirurg, die naald en gare deur die slukderm uitvis. Die gare was egter nie kort soos die eienaar gemeen het nie, maar was seker so lank soos ‘n liniaal, en met ‘n fênsie silwer gare in die blou geweef. Ek kan net dink hoe aanloklik moes die blink gare, vir die oulike jong katjie gewees het! Katte se tonge is baie rou, en as die gare eers vassit op die tong dan is die maklikste pad om dit te sluk, en dalk later weer op te gooi as dit pla. Gelukkig het dit ‘n goeie einde gehad. Lena weet van een geval waar die eienaar niks wou doen nie, en die naald en sonder probleme agter uitgekom. Maar ek weet nie regtig of mens so ‘n kans behoort te vat nie.

8 Comments Add yours

  1. seegogga sê:

    ja. daar het eendag ‘n klein vishoeke, kompleet met ‘n stukkie vislyn by my kat agter uitgekom, en net in die haartjies vasgehaak – weerhake en al!

    Liked by 2 people

    1. karen sê:

      Wow! Gelukkige kat 🙂 So iets as verrassing is baie beter vir die senuwees as wat mens sit en wag daarvoor, dink ek.

      Liked by 1 person

  2. Ek is verbaas dat ‘n kat sulke goed sal sluk. Sou sy daarmee gespeel het? Ek is bly alles get goed uitgewerk.

    Like

    1. karen sê:

      Ja, dis die ding. Sy het sekerlik met die gare gespeel en probeer vang in haar bekkie. En dan, as dit eers op die rou tong vassit, dan word dit maklik gesluk. Self bly gewees!

      Liked by 2 people

  3. Kietiekat het sekerlik een van haar lewens hier prysgegee! Gelukkig dat julle haar so goed kon behandel.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Hopelik net ‘n halwe lewe, sy is nog so jong 😉 Sy was gelukkig dat ons so vinnig kon ingryp.

      Liked by 2 people

  4. Sjoe ek het nou asem opgehou en was so verlig dat dit goed geëindig het! My dogter se hond het ‘n hoendersosatie heel ingesluk en die stok het deur sy maag gesteek. Twee dokters moes hom opereer en hy was amper dood. Natuurlik baie duur gekos!

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Sjoe, dit moes erg gewees het! Bly hy het dit darem gemaak. Self bly vir die kietie dat ons dit maklik kon oplos.

      Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s