Die giftige paashaas

Sjokolade is giftig vir honde, en katte. Alhoewel dit nie gewoonlik dodelik is nie, kan dit ernstige siekte veroorsaak. Sjokolade is giftig weens die chemiese verbinding theobromien wat dit bevat, asook kafeïen. Theobromien is die oorheersende toksien, en is soortgelyk aan kafeïen. Beide chemiese verbindinge word in medisyne gebruik om te die liggaam te ontwater, as hart stimulant, om bloedvate te vergroot, en om sekere spiere te ontspan. Honde kan nie theobromien en kafeïen so goed soos mense metaboliseer nie. Dit maak hulle meer sensitief vir die effekte van die verbindinge.

Die hoeveelheid theobromien hang af van die tipe sjokolade. Hoe donkerder en bitterder die sjokolade, hoe gevaarliker is dit vir die hond. Baksjokolade en regte donker sjokolade is baie gekonsentreer, en bevat ongeveer 800 – 1300 mg theobromien per 100 g, terwyl gewone melksjokolade ongeveer 155 – 200 mg theobromien per 100 g bevat. Wit sjokolade is nie giftig nie, want dit bevat amper geen theobromien nie, maar honde kan siek word van al die vet en suiker, wat die pankreas kan aantas.

‘n Giftige dosis theobromien, so min as 20 mg/kg liggaamsgewig, kan hyperaktiwiteit, onrustigheid en maagsimptome (kwyl, opgooi en diarree – wat ook na sjokolade kan ruik) veroorsaak. ‘n Dosis oor 40 mg/kg, kan hartsimptome veroorsaak, insluitende hoë hartslag, hoë bloeddruk, en onreëlmatige hartkloppings. Met meer as 60/kg, kan dit neurologiese simptome veroorsaak, insluitende bewerasies en selfs krampaanvalle. Dit kan dodelik wees as die hond 200 mg/kg of meer ingekry het.

Kliniese tekens hang af van die hoeveelheid en tipe sjokolade wat ingeneem is. By baie honde is die mees algemene tekens opgooi en diarree, dors, hyging of onrustigheid, baie piepie en ‘n vinnige harttempo. In erge gevalle, kan dit lei tot spiersaamtrekkings, aanvalle en hartversaking. In ouer honde wat baie donker sjokolade op ‘n slag eet, kan die hond se hart gaan staan, veral in honde met hartprobleme. Komplikasies, soos wanneer braaksel ingeasem word in die longe, kan die uitkoms versleg.

Tekens kan ‘n paar ure vat om te ontwikkel, en kan vir dae aanhou, omdat theobromien lank in die sisteem bly. Teobromien kan ook weer vanuit die blaas opgeneem word, so binneaarse vloeistof en baie piepie kan nodig wees as deel van die behandeling.

Behandeling hang af van die hoeveelheid en tipe sjokolade wat geëet is. As dit vroeg gevang is, is al wat dalk nodig is om die sjokolade uit die maag te kry deur die hond te laat opgooi en geaktiveerde koolstof te gee om die res van die theobromien te absorbeer. Geaktiveerde koolstof kan elke vier tot ses ure gegee word die eerste dag om die theobromien te vang. Dis algemeen om die hond binneaarse vloeistof te gee om hond te stabiliseer en te help om die theobromien uit te skei. Alle honde wat sjokolade geëet het moet goed dopgehou word vir tekens van onrustigheid, opgooi, diarree, onreëlmatige hartslag en hoë bloeddruk. Soms moet medikasie gegee word om die hartslag te verlaag as te hoog en onreëlmatig is.

Dis belangrik om dadelik jou veearts te kontak as jou hond jou paashaas van die tafel gesteel en geëet het, en om uit te vind hoe gevaarlik dit is. Daar is ‘n handige aanlyn rekenaar wat vir mens kan bereken hoe giftig die sjokolade is wat die hond geëet het (daar word die methylxathine waarde gegee, wat theobromien en kafeïen insluit):

http://veterinaryclinic.com/chocolate/calc.html

 

 

3 Comments Add yours

  1. Dit is nou so interessant, Karin. Ons het juis gister hieroor gewonder. Ons het ‘n Jack Russel gehad wat eenkeer ‘n groot situk sjokolade gesteel het, maar vreemd genoeg niks oorgekom het nie. Daardie tyd het ons nie geweet hoe giftig dit is nie, en nie veel aandag geskenk nie.

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      Sjoe, die hond was gelukkig! Dit was seker ‘n lekker melksjokolade 🙂

      Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s