Marmotte kort spesiale aandag – Deel 2: Kos, water en gesondheid

Kos en water

Marmotte is herbivore en het baie veselryke kos nodig om die bakterieë in hulle mage gelukkig te hou. Die spysverteringsstelsel van ‘n marmot is omtrent 2.2 meter lank! In die maag en derms woon spesiale bakterieë, wat help om die veselryke kos af te breek. Die samestelling van die bakterieë is baie sensitief en moet mens dus goed oppas wat mens die marmotte voer. Mens moet in elk geval onder geen omstandighede die kos skielik verander nie.

Hooi is die belangrikste kos vir marmotte, weens die hoë aandeel aan vesel daarin. Al gebruik mens hooi om die hok uit te voer, behoort marmotte elke oggend vars hooi te kry om te eet. Dit proe sekerlik lekkerder as vertrapte en vuil hooi (strooi is beter). Marmotte eet omtrent heeldag, en behoort dus altyd genoeg rou kos hê om te eet. Soos mense, kan marmotte nie self vitamien C produseer nie (katte, honde, beeste, perde, varke ens. kan). Hulle behoort ook bietjie slaai, ander groen groente (veerkool, beetblare, sigorei, spinasie) en ander groente en vrugte soos, soetrissie, broccoli, tamaties, kiwivrugte, lemoene of perdeblomme kry om te eet. Vitamiendruppels kan ook die natuurlike vitamienbron aanvul (mens kan dit in die water). Sade bevat baie kalorieë en behoort slegs baie spaarsamig gevoer te word.

Screen Shot 2014-11-11 at 8.46.28 PM
Links is blindederm ontlasting, en regs gewone ontlasting.

Moenie bekommerd sien as jy een oggend vroeg sien dat die marmotte hulle die ontlasting eet nie. Dis spesiale ontlasting, sogenaamde blindederm-ontlasting, dit lyk anders as gewone “drolletjies”. Dit is sagter en helderder as gewone ontlasting. Deur dit te eet neem hulle waardevolle vitamiene en ander voedingstowwe opneem.

Marmotte moet altyd vars water hê om te drink. Beste is ‘n swaar keramiekbakkie wat nie maklik omgestamp kan word as hulle met mekaar speel nie.

Gesondheid

Die beste voorsorg vir gesonde marmotte is genoeg plek om te beweeg, afwisseling en gesonde kos. Gelukkige diere wat goed behandel word is baie meer weerstandbiedend teen siektes as ander.

Mens moet egter goed dophou om tog te sien as ‘n marmot siek word: eet hulle regtig, of word daar net bietjie aan die kos gekou? Sien mens veranderinge op die vel of pels? Is die naels nie te lank of selfs ingerol nie? Is die oë helder en blink? Is die anus skoon en nie plakkerig nie? Is die tande wat mens van buite kan sien normaal? Is die ken en mondhoeke droog? Het die diere gewig verloor?


Screen Shot 2014-11-11 at 9.03.08 PM
Gesonde snytande                                           Veels te lange snytande 

Onthou, marmotte se tande groei lewenslank, en moet dus afgeslyp word – die beste manier is deur elke dag genoeg hooi te eet. Dis nie die hooi self wat die tande slyp nie, maar die koubeweging van die tande wat teen mekaar skuur. Soms moet die veearts help as daar ‘n probleem is. As die naels ook nie deur natuurlike beweging afgeslyp word nie, moet hulle van tyd tot tyd kort geknip word, anders groei dit in!

Marmotte hou nie van water nie, en behoort normaal gesien nie gebad te word nie. As die marmotte egter parasiete of ‘n swam het, word dit aanbeveel om die dier te stort onder louwarm lopende water en ‘n spesiale sjampoe wat jou veearts of dierehandelaar voorskryf. Pasop dat water nie in die mond of neus kom nie.

Goed versorgde marmotte wat gelukkig is en gesond eet, word selde siek. Wanneer dit egter in elk geval gebeur, besoek asseblief jou veearts. Marmotte gaan maklik dood van geïmproviseerde tuisbehandeling.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s