Katte op Kalimantan

Ek het so lanklaas iets geskryf, dit voel of ek oor begin. En dalk moet ek. Ek wil nie hê nog iemand moet vir my vra “wat word van marmotte as hulle uit die hok ontsnap het?” (ek dink eerlik die arme dier gaan ‘n stadige dood sterf) of “wat moet ek doen, my kat eet al ‘n week lank nie?” (vat die dier veearts toe!) nie.

Ons was Desember Kalimantan toe. Dis Indoniesies vir Borneo. Dit vat lank om daar te kom, en die toerisme is onderontwikkel – presies ons soort plek 🙂 Dit was ‘n ongelooflike ervaring.  Ons was diep in oer-oerwoud, op riviere in moeras-oerwoud rongeflits, ons het drie wilde orangutans gesien! Maar ‘n rare ding is die katte. Ten minste twee derdes van die katte het nie sterte gehad nie. Ek het later gelees dit ‘n genetiese mutasie wat op die eiland voorkom, en duidelik baie dominant in die geenpoel is.

1345872E-FD0E-4D44-AB1D-9764176E9AFA
Rooies by die langhuis (tipiese houthuise van die inheemse bevolking)
B6ECBF68-C752-4686-99D7-1B846986B55E
Juffrou by die kaffee
9C8AA68D-CA93-4D28-BEC9-70F5E4530E52_1_201_a
Nie alle katte het afsterte nie (die een regs op die foto was bietjie siek 😦 )
4B8CF240-02D5-4680-9934-2A28FB977D41
Die mamma het al baie deurgemaak
9D328F44-BBB9-49FA-A621-57A042916C4E
Nog een met ‘n normale stert
467C54E0-9015-41C7-B16E-3FBF3F39FF02
Kyk die oë en die melankoliese kyk daarin
085EE461-8193-4B86-95A7-ACE135D48D84
Die mamma en haar kind bly op die mark, en wag geduldig vir ‘n happie vis of vleis

 

4 Comments Add yours

  1. Net Ek sê:

    Dis so lekker om jou weer te sien, dis altyd lekker en leersaam om hier te lees. En om nie eers van die interessante plekke wat jy besoek te praat nie!

    Is dit almal feral katte? My hart kan dit nie hou nie, ek sal almal wil huis toe vat. Daai gesiggies. En die mamma lyk ook moeg 😦

    (jammer ek is ‘n katmens!)

    Liked by 1 person

    1. karen sê:

      wow, dankie. nie gedink die lui blogger sal gemis word nie 😉 eerder jammer dat ek ook nie regtig kom lees het nie (miskien oor die skuldgevoel dat ek niks skryf nie…). die vakansie was ongelooflik. dalk moet ek alles vertel 🙂

      Liked by 1 person

  2. Dis so lekker om weer van jou te lees!

    Like

    1. karen sê:

      Dankie tannie, nie gedink die lui ou blogger sal gemis word nie 😉 jammer dat ek ook so lanklaas gelees het :/

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s