Avonture op Kalimantan. 1: Die uittog

‘n Klein bietjie Aardrykskunde vir die wat belang stel. Borneo is ‘n reuse eiland op die ewenaar in Suidoos-Asië (die derde grootste naas Groenland en Nieu Guinea) en omtrent twee-derdes so groot soos Suid-Afrika. Borneo bestaan uit drie lande: Maleisië (1/3), Indonesië (2/3) en Brunai (poepklein). Kalimantan is Indonesies vir Borneo, en die minste ontwikkeld van die drie.

Dit het van die oudste oerwoude in die wêreld, en een van net twee eilande waar mens nog wilde orangutans kan sien. Die hoofstad van Indonesë is Jakarta, op Java eiland. Die hoofstad is egter besig om in die see te sink, en gaan ‘n nuwe hoofstad op Borneo se ooskus gebou word (begin 2024 in Balikpapan).

Ons doel was Putussibau in die middel van die oerwoud, amper op die Maleisiese grens. Om daar te kom het ons eers Singapore toe gevlieg, en vandaar na Jakarta op Java. Van Jakarta na Pontianak op die kus van Kalimantan, en vandaar met ‘n kleinerige propellervliegtuig na Putussibau. Desember is reënseisoen, dus buite seisoen, en vandat ons van Jakarta weg was, het ons geen ander toeris gesien vir die volgende 12 dae nie!

Ons het met ‘n NRO (is dit Afrikaans vir ‘n NGO?) wat die plaaslike oerbevolkings help, die vakansie beplan. Daar is twee reederye in Indonesië, Lion Air en NAM. Ek vra ewe onskuldig watter een betroubaarder is (gemeen in terme van vertragings), en kry toe die antwoord dat die plaaslike mense NAM gebruik, maar ons moet liewer met Lion Air vlieg, want hulle het ‘n beter veiligheidsrekord! Hahahaha.

Screenshot 2020-01-24 at 14.23.36
Die laaaaaang pad soontoe. Daar is geen direkte vlug van Singapore nie, al lyk dit so naby!
82A5D577-9A24-45B1-98D2-2AB9B47C80C4
Die magtige Kapausrivier uit die lug oppad Pontianak toe. Daar is nog baie oerwoud, maar ook hier sien mens orals bos wat wyk vir landbou.
11852C2B-5DE1-44C9-AF57-D875A6302A4E_1_201_a
Die klein propellervliegtuig, en nog wonderlike riviere oppad na Putussibau.

One Comment Add yours

  1. Sjoe, julle is voorwaar avontuurlik!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s