Vergeet om te sê: ons het drie wilde oerangutans gesien :):)

on

8597DB71-5BBA-4B58-8551-DCDE8CFA66C7_1_201_a

Ek het nooit ons Kalimantan storie klaar vertel nie. Maar toe ek nou weer iets tussen my foto’s soek, kom ek weer daarop af. Dit was flippen ongelooflik. Die hele reis, maar die absolute hoogtepunt was op dag twee toe ons doodluiters in die rivier af roei en bo ons ‘n geritsel in die bome hoor. Die visserman het hom eerste gesien, en ek kon gelukkig so paar blinde foto’s neem voor hy in die digte bos verdwyn het. ‘n Reuse, wilde oerangutan mannetjie! ‘n Paar dae later het ons ‘n klein riviertjie met pragtige glashelder water bruin gekleur van die humiensure; rats en vloeiend soos ‘n ballerina het ‘n jong oerangutan bo ons tussen die takke geswaai, en woeps was hy weg. Nog ‘n paar dae later was ons in ‘n moerasoerwoud, waar ons aan die oorkant van die vallei ‘n oranje bewegende blob in ‘n see van groen gesien het – die derde oerangutan! En dit alles in gebiede waar hulle minder voorkom as in die suide van die land. Ons was baie gelukkig, en het totaal bevoorreg gevoel om die fantastiese diere in die wildernis te sien. Ongelukkig is die handel met jong oerangutans sterk, om nie te praat van die palm plantasies wat hulle habitat verwoes nie 😦

Nou ja, op daardie somber noot, hahaha, bly gesond en was julle hande!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s