Frau Pfister is doofstom

Die week voor Paasnaweek was mal, soveel noodgevalle ons kon skaars voor bly! Soveel siek diere, soveel diere wat te vroeg hemel toe moes gaan 😦 Ander dag meer daaroor. Vroeër vandag moes ek ‘n kliënt vat inneem ‘n kat wat opvallend baie water drink en opvallend baie piepie. Die triek aan die geval was…

Die verkeerde soort dierebeskerming

Noudie dag net na drie die middag kom ‘n noodgeval, twee jong hondjies met verdag stuipe infeksie. Stuipe is ‘n hoogs aansteeklike virussiekte, en om so iets in ‘n hospitaal in te bring het natuurlik allerhande probleme in terme van higiëne teenoor ander pasiënte. Ons het dus maskers, handskoene en oorjasse gedra. Die vrou het…

“Selfies”

Soms as ek nagdiens het in die intensiewe afdeling, en dinge is nie te besig nie, sit ek met ‘n pasiënt op my skoot en hou hulle geselskap. Dis meestal katte wat van baie aandag hou of klein honderasse, skoothonde, wat, wel, gewoond is om heeldag op ‘n skoot te lê 😉 Dit werk nie…

Om te kies tussen pes en cholera

Ek weet nie of mens die uitdrukking ooit in Afrikaans gebruik nie, maar ek vind dit baie beskrywend, en die uitkoms van die situasie is ook soms al duidelik, maak nie saak watse weg gekies word nie. Vanoggend was daar ‘n oulike jong Franse Bulhond, Lucy, aangemeld vir ‘n “angiokardiografie”, m.a.w. mens spuit kontrasmiddel in…

Klein akkedissie, groot probleem

So paar weke terug word ‘n jong vrou met haar “likkewaan” aangemeld, want die verloor gewig en sy weet nie waarom nie. Ons berei voor om die “likkewaan” te sien, die diereverpleegster is paraat om die dier vas te hou, laat haar kom. Die vrou stap in met ‘n klein plastiekhouer met ‘n klein akkedissie…

‘n Meerkat se kans

Bult op van ons, op die kampus van die natuurwetenskappe fakulteit, word ‘n groep meerkatte aangehou deur die afdeling vir gedragsbiologie. Hulle werk op verskillende sosiale diere om agter te kom hoe hulle so suksesvol in groepe saamleef. En wie is beter om te bestudeer as meerkatte? Het iemand al meerkat manor gekyk? Of die…

Socrates R.I.V.

Socrates, nie die Griekse filosoof nie, maar die twee-jarige rot wat ons vandag opereer het. Sy eienaar het gister met hom gekom want sy was bekommerd oor sy skrotum waar sy testikels in is baie groot geword het. Inderdaad, by die ondersoek hang ‘n omtrent 5 x 3 cm sak van sy lyf af. Ons…

Twee voëls en ‘n padda

Die werk by die “eksotiese diere” afdeling is baie interessant. Ons kry met baie verskillende spesies te doen, van konyne, marmotte, rotte tot skilpaaie, akkedisse, slange, voëls en nou en dan ‘n apie. Daar word ook gereeld wilde diere gebring wat beseer gevind word, veral voëls en krimpvarkies. Ek vertel van drie interessante valle. Ons…