Die giftige paashaas

Sjokolade is giftig vir honde, en katte. Alhoewel dit nie gewoonlik dodelik is nie, kan dit ernstige siekte veroorsaak. Sjokolade is giftig weens die chemiese verbinding theobromien wat dit bevat, asook kafeïen. Theobromien is die oorheersende toksien, en is soortgelyk aan kafeïen. Beide chemiese verbindinge word in medisyne gebruik om te die liggaam te ontwater,…

Sterilisasie – die voordele en nadele

As mens sterk betrokke is by dierebeskerming, soos ek, is daar eintlik net een mening oor die sterilisasie van honde en katte, en dit is dat dit essensieel is. Stampvol diereasiele die wêreld oor bewys dat daar te veel ongewensde troeteldiere is, en te min mense wat kan/wil na hulle omsien. Party asiele sit diere…

Sigaretrook is ook skadelik vir troeteldiere

Die opskrif is dalk vir party mense vreemd, maar alhoewel meeste rokers (behoort te) weet watse gevaar sigaretrook vir mense inhou, is min mense bewus van die skade wat tweede- of derdehandse rook aan troeteldiere kan doen. Tweedehandse rook (dus, rook uitgeasem deur die roker) bly in die lug en word deur troeteldiere ingeasem. Derdehandse…

Die agterkant van die probleem – anale kliere

Anale kliere is twee klein reukkliere onder die vel, een aan elke kant van die rektum. Dit kom voor by katte en honde. As dit vol is, kan dit omtrent so groot soos mens se duimnael word as dit vol sekresie is, en is verbind met die slymvlies van die rektum deur twee klein kanaaltjies….

Quasimodo, die boggelrug hond

Wel, boggelrug is nie eintlik die regte term nie. Boggelrug impliseer dat die ruggraat krom is en ‘n boggel maak, sogenaamde kifose. Maar hierdie hond het ‘n reuse gewas wat op sy linker skouer en so half tussen die skouerblaaie groei. Soveel so dat hy nie sy kop kan lig nie, en ook nie kan…

Die verkeerde soort dierebeskerming

Noudie dag net na drie die middag kom ‘n noodgeval, twee jong hondjies met verdag stuipe infeksie. Stuipe is ‘n hoogs aansteeklike virussiekte, en om so iets in ‘n hospitaal in te bring het natuurlik allerhande probleme in terme van higiëne teenoor ander pasiënte. Ons het dus maskers, handskoene en oorjasse gedra. Die vrou het…