Katte op Kalimantan

Ek het so lanklaas iets geskryf, dit voel of ek oor begin. En dalk moet ek. Ek wil nie hê nog iemand moet vir my vra “wat word van marmotte as hulle uit die hok ontsnap het?” (ek dink eerlik die arme dier gaan ‘n stadige dood sterf) of “wat moet ek doen, my kat…

Wat is fout op die x-straal?

Arme Charly-kat kon nie vinnig genoeg vir die kar weghardloop nie. Vir die wat nie seker is nie, die kar se wiel het oor sy stert gery, en sy stert het net aan ‘n velletjie gehang. Die gevaar was dat sy rektum en penis deur die impak beskadig sou wees. Die hele gebied was sorgvuldig…

Kat help met naaldwerk

Verlede Sondagaand bel ‘n vrou die noodgevalle nommer van die kliniek, en sê sy’s amper 100% seker haar 10 maande oue kat het nou net ‘n naald met gare gesluk. Sy wonder nou of sy moet wag, en kyk of dit self uitkom en of sy liewer na die kliniek moet kom. Vir my was…

Nagdiens met dowes op Oujaarsaand

Op Oujaarsaand het ek nagdiens gehad. Dis ook die dag van ons 13de huweliksherdenking. Gelukkig begin diens laat, so ons kon darem nog vier. In elk geval, klokslag om twaalfuur, terwyl die blikskottelse vuurwerke buite afgaan, stap ‘n ouerige man, sy vrou en hulle hond in die kliniek. Hulle het voor die tyd gebel om…

Daai los vel op ‘n kat se pens

Al ooit gewonder waar daai pensvel onder ‘n kat se maag vandaan kom? Meeste mense sien dit by mannetjie- en wyfiekatte as hulle katte reggemaak is. Dit lyk amper soos die los vel wanneer ‘n kat oorgewig was en dan gewig verloor. Die vel is die sogenaamde “primordiale sak” (primordial pouch of “spay sway” in…

Blaasprobleme by katte

Die mees algemene mediese term vir blaasprobleme by katte is Feline Lower Urinary Tract Disease (FLUTD). Dis ‘n versamelnaam vir siektes van die blaas en/of uretra – die nou pypie wat urien van die blaas tot buite die liggaam vervoer. Dit sluit in blaasontsteking, en die niere is gewoonlik nie betrokke nie. FLUTD kom voor…

Sterilisasie – die voordele en nadele

As mens sterk betrokke is by dierebeskerming, soos ek, is daar eintlik net een mening oor die sterilisasie van honde en katte, en dit is dat dit essensieel is. Stampvol diereasiele die wêreld oor bewys dat daar te veel ongewensde troeteldiere is, en te min mense wat kan/wil na hulle omsien. Party asiele sit diere…

Het jou kat slegte toiletmaniere?

Een van die algemeenste klagtes van kateienaars is dat die kat haar besigheid buite die sandbak doen. Omtrent ‘n kwart van alle katte gaan iewers in hulle lewe ‘n aversie teen die sandbak hê. Die aversie kan slegs piepie, ontlasting of albei insluit, en kan selde of heeltyd voorkom. Dit kan wees dat die kat…

Vals naels vir katte

Ek was verlede week saam kollegas Spanje toe, waar ons in ses dae 266 katte gekastreer het. Mannetjieskatte jonk en oud; sjoe die oues het soms sulke lekker wange van al daai testosteroon! Jong wyfies, ou wyfies, bietjie dragtig, baie dragtig, ontsteekte baarmoeder, noem dit op. Ek sal ander keer daaroor skryf. Iets was lekker…

Sigaretrook is ook skadelik vir troeteldiere

Die opskrif is dalk vir party mense vreemd, maar alhoewel meeste rokers (behoort te) weet watse gevaar sigaretrook vir mense inhou, is min mense bewus van die skade wat tweede- of derdehandse rook aan troeteldiere kan doen. Tweedehandse rook (dus, rook uitgeasem deur die roker) bly in die lug en word deur troeteldiere ingeasem. Derdehandse…

Oorval deur katte

In die diereasiel in Galati, Roemenië woon ook 108 katte wat deur die “katvrou” Nela versorg word. Ek het gereeld tussendeur ons werk met die honde en kastrasies daar ‘n draai gemaak. Katte straal vir my rustigheid uit, en ek het sommer weer nuwe moed gekry as ek ‘n rukkie daar was met ppprrr-ende katte…