Maskers dra by die werk

Ons dra nou al amper twee maande lank maskers by die werk. Ons praat met die eienaars in die parkeerterrein en vat dan hulle diere alleen in die kliniek. Die meeste mense is ok daarmee, maar daar is party wat wonder of hulle dier hulself sal gedra sonder die eienaar. Dit werk 99% baie goed,…

Avonture op Kalimantan. 2: Oornag in die langhuis

Uiteindelik in Putussibau geland, ry ons nog ‘n paar uur met ‘n kar na ‘n pragtige ou “longhouse” waar van die inheemse bevolking, die Dayak, bly. Die langhuise is houtstrukture, en mens kan dit voorstel soos ‘n horisontale woonstelblok met gemeenskaplike plekke vir kook en ander aktiwiteite. Die huise is op stilte om teen vloede…

Agtergelaat

Dudu is ongeveer 12 jaar oud en ‘n lieflike ou brakkie. Hy het gister nie mooi verstaan wat aangaan in sy wêreld nie. ‘n Vrou het hom na die kliniek in Bukarest gebring waar ek die afgelope twee weke werk, gesê sy het hom op straat gevind en wil net weet of hy ‘n mikroskyfie…

Ontbyt saam Dr. Jeff, Rocky Mountain Vet

Die laaste maand en ‘n half was lekker wild. Eers was ek in Suid-Afrika by my ouers, toe gaan stap ons die Visrivier (was fantasties!), en die dag na ons terug land in Switserland, vlieg ek Roemenië toe vir ‘n maand van werk en praktiese ervaring opdoen. Ek was twee weke in Galati, en is…

Kastrasieweek op die Spaanse Suidkus

Ek was verlede week saam ‘n span mense in Rota, Spanje om katte en honde te kastreer. Dis die tweede keer wat ek by die asiel gaan werk het, en dit was net so chaoties soos die eerste keer (hier die blog daaroor op my ou bladsy). Luidrugtige Spanjaarde gekoppel met honde wat onophoudelik blaf…

Tekens van woud

Verlede Vrydag het ons in Bern die haweloses, sielkundig siekes en bosbewoners se diere behandel. Dit was ‘n baie vreedsame aangeleentheid – die mense in Bern praat stadiger, loop stadiger en neem die lewe nie so ernstig soos die mense in Zürich nie. In elk geval, op een stadium kom ‘n skoongesig jong man daar…

Amptelik med. vet.

Na jare se harde bene kou en eindelose eksamens, het ek verlede week die wonderlike nuus gekry dat ek nou amptelik ‘n veearts is! Dit voel nogsteeds onwerklik. Alhoewel ek al heelwat in die beroep gewerk het sonder titel, kyk mense nou met ander oë na my, en het die verwagtinge duidelik gestyg. Ons fakulteit…

Jammer vir die stilte

Ek is in die middel van my laaste eksamens (ooit?), die dat ek nie by my blog uitkom nie. “Net” vier eksamens, een oor troeteldiere, een oor beeste of varke, een oor perde en een oor patologie (waar jy ‘n dooie dier kry om te dissekteer en ‘n diagnose te stel). In elke eksamen behalwe…

Ooraktiewe skildklier by katte

Ons kat, Mnr. Tijger, alias Richard Parker, is twee weke gelede gediagnoseer met ‘n ooraktiewe skildklier. Ook genaamd, hyperthyreose, is dit ‘n siekte by katte wat eers bekend is sedert 1978, toe die eerste keer navorsing daaroor gepubliseer is. Deesdae is dit baie algemeen, en aan die toeneem by beide mannetjies en wyfies. Die skildklier…

Petunia die eekhorinkie

Op my gestorwe blog het ek twee jaar gelede (2014) hierdie skrywe geplaas, genaamd Hulp vir Petunia: Ek weet nie of daar so iets is soos noodlot nie, maar as daar is, is dit wat Petunia oor my pad gebring het. Letterlik. Dit was baie reënerig, en ons het die styl, moeilike paadjie met swaar…

Dink oor die dood

Die afgelope paar jaar staan ek gewoonlik aan die uitdeel-kant van die tafel as dit gaan oor die gesprek met eienaars of dit tyd is om hulle dier uit te sit. Vandag was ek vir ‘n verandering aan die ontvang-kant. En dit was nie lekker nie. Ek het Grietjie in 2009 aangeneem uit die kathuis…