Maskers dra by die werk

Ons dra nou al amper twee maande lank maskers by die werk. Ons praat met die eienaars in die parkeerterrein en vat dan hulle diere alleen in die kliniek. Die meeste mense is ok daarmee, maar daar is party wat wonder of hulle dier hulself sal gedra sonder die eienaar. Dit werk 99% baie goed,…

Vergeet om te sê: ons het drie wilde oerangutans gesien :):)

Ek het nooit ons Kalimantan storie klaar vertel nie. Maar toe ek nou weer iets tussen my foto’s soek, kom ek weer daarop af. Dit was flippen ongelooflik. Die hele reis, maar die absolute hoogtepunt was op dag twee toe ons doodluiters in die rivier af roei en bo ons ‘n geritsel in die bome…

Oerwoud toe

  Die kampplek is in die middel van die oerwoud. Dis eintlik gaaf dat daar een plek is, want anders sal mense net kamp waar hulle wil, en hulle gemors los waar hulle wil. Ons het onder die seil geslaap en kos gemaak onder die afdak in die agtergrond. Die eerste dag het ons ‘n…

Avonture op Kalimantan. 2: Oornag in die langhuis

Uiteindelik in Putussibau geland, ry ons nog ‘n paar uur met ‘n kar na ‘n pragtige ou “longhouse” waar van die inheemse bevolking, die Dayak, bly. Die langhuise is houtstrukture, en mens kan dit voorstel soos ‘n horisontale woonstelblok met gemeenskaplike plekke vir kook en ander aktiwiteite. Die huise is op stilte om teen vloede…

Avonture op Kalimantan. 1: Die uittog

‘n Klein bietjie Aardrykskunde vir die wat belang stel. Borneo is ‘n reuse eiland op die ewenaar in Suidoos-Asië (die derde grootste naas Groenland en Nieu Guinea) en omtrent twee-derdes so groot soos Suid-Afrika. Borneo bestaan uit drie lande: Maleisië (1/3), Indonesië (2/3) en Brunai (poepklein). Kalimantan is Indonesies vir Borneo, en die minste ontwikkeld…

Katte op Kalimantan

Ek het so lanklaas iets geskryf, dit voel of ek oor begin. En dalk moet ek. Ek wil nie hê nog iemand moet vir my vra “wat word van marmotte as hulle uit die hok ontsnap het?” (ek dink eerlik die arme dier gaan ‘n stadige dood sterf) of “wat moet ek doen, my kat…

Marmotte kort spesiale aandag – Deel 2: Kos, water en gesondheid

Kos en water Marmotte is herbivore en het baie veselryke kos nodig om die bakterieë in hulle mage gelukkig te hou. Die spysverteringsstelsel van ‘n marmot is omtrent 2.2 meter lank! In die maag en derms woon spesiale bakterieë, wat help om die veselryke kos af te breek. Die samestelling van die bakterieë is baie…

Marmotte kort spesiale aandag (deel 1)

Ek het eeue laas geblog (skaam my!), maar kry nog nou en dan kommentaar op my ou blog se inskrywings. Vandag herplaas ek een van ou blogs van 2014 oor marmotte, bietjie aangepas. Marmotte stam oorspronklik uit die Andesgebergte. Hulle was iewers tussen 5 000 en 7 000 jaar gelede gedomestikeer en word daar geëet,…

Die giftige paashaas

Sjokolade is giftig vir honde, en katte. Alhoewel dit nie gewoonlik dodelik is nie, kan dit ernstige siekte veroorsaak. Sjokolade is giftig weens die chemiese verbinding theobromien wat dit bevat, asook kafeïen. Theobromien is die oorheersende toksien, en is soortgelyk aan kafeïen. Beide chemiese verbindinge word in medisyne gebruik om te die liggaam te ontwater,…

Wat is fout op die x-straal?

Arme Charly-kat kon nie vinnig genoeg vir die kar weghardloop nie. Vir die wat nie seker is nie, die kar se wiel het oor sy stert gery, en sy stert het net aan ‘n velletjie gehang. Die gevaar was dat sy rektum en penis deur die impak beskadig sou wees. Die hele gebied was sorgvuldig…

Kat help met naaldwerk

Verlede Sondagaand bel ‘n vrou die noodgevalle nommer van die kliniek, en sê sy’s amper 100% seker haar 10 maande oue kat het nou net ‘n naald met gare gesluk. Sy wonder nou of sy moet wag, en kyk of dit self uitkom en of sy liewer na die kliniek moet kom. Vir my was…

Nagdiens met dowes op Oujaarsaand

Op Oujaarsaand het ek nagdiens gehad. Dis ook die dag van ons 13de huweliksherdenking. Gelukkig begin diens laat, so ons kon darem nog vier. In elk geval, klokslag om twaalfuur, terwyl die blikskottelse vuurwerke buite afgaan, stap ‘n ouerige man, sy vrou en hulle hond in die kliniek. Hulle het voor die tyd gebel om…